Ons as gesin stap die pad saam Carefree Kids vanaf 2018. Wat ‘n wonderlike ervaring om deel te kon wees van hierdie skooltjie. As ouers is mens altyd baie bekommerd of mens jou kind by die regte skooltjie inskryf. Met die intrapslag het my mamma hart geweet, hierdie is waar my kind ingeskryf moet word. Die onderwysers het ‘n ongelooflike passie vir die kinders en die skooltjie. Van die onderwysers is self mammas so hulle verstaan die kindertjies. Die skool se dissipline is van top gehalte. Kinders respekteer die onderwysers en onderwysers respekteer die kinders. Die skool geriewe is uiters netjies en skoon. Hier help die onderwysers jou kindjie vorm en deur hulle liefde, omgee en begrip ontwikkel jou kindjie in ‘n ongelooflike mensie. Ek kan met trots en baie liefde Carefree Kids aanbeveel.
Welcome to Carefree Kids
The mission of Carefree Kid's Montessori Center is to help develop a child physically, socially, spiritually and intellectually to become the person that God intended him/her to be.
